Oor Laerskool Silwerrand Primary
Laerskool Silwerrand Primary is ‘n onafhanklike skool met die volgende kenmerkende eienskappe:

Die skool is oop vir kinders van lidmate van die grondslag kerke in Suid-Afrika. Aansoeke van ouers van buite die genoemde kerkgemeenskap sal deur die bestuur met sorgvuldigheid en op meriete oorweeg word binne die Christen gemeenskap. DIe aantal leerlinge wat as sodanig toegelaat word, sal geen bedreiging vir die kwaliteit van onderrig inhou nie.
As jy en jou gesin ons grondslag, strewe en oogmerke onderskryf, nooi ons julle vriendelik uit om by ons te kom aansluit ter wille van jou kinders se opvoeding. Skakel die skoolkantoordame of die Direksie vir meer inligting.
Leierskap
God is in beheer; ons harte moet gehoorsaam wees
Logistiek: Raad van direkteure en bestuur

Ons Direkteure
Paul en Charlene Schoeman
Stigter van Silwerrand Skole
Ons Personeel
Hand uitgesoekte onderwysers met geskikte kwalifikasies en Christelike waardes wat by SACE geregistreer is word in poste geplaas.